Kormorante

Kormorante
Phalacrocorax melanoleucos
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Orde:
Familie:
Phalacrocoracidae

Genus:
Phalacrocorax (maar sien teks)

Brisson, 1760
Spesies

3–43, sien teks

Sinonieme

Australocorax Lambrecht, 1931
Compsohalieus B. Brewer & Ridgway, 1884
Cormoranus Baillon, 1834
Dilophalieus Coues, 1903
Ecmeles Gistel, 1848
Euleucocarbo Voisin, 1973
Halietor Heine, 1860
Hydrocorax Vieillot, 1819 (non Brisson, 1760: preoccupied)
Hypoleucus Reichenbach, 1852
Leucocarbo Bonaparte, 1857
Microcarbo Bonaparte, 1856
Miocorax Lambrecht, 1933
Nannopterum Sharpe, 1899
Nesocarbo Voisin, 1973
Notocarbo Siegel-Causey, 1988
Pallasicarbo Coues, 1903
Paracorax Lambrecht, 1933
Poikilocarbo Boetticher, 1935
Pliocarbo Tugarinov, 1940
Stictocarbo Bonaparte, 1855
Viguacarbo Coues, 1903

Kormorante (Phalacrocoracidae) is 'n familie van voëls in die orde van Suliformes. Die familie omvat drie genera met 36 spesies.[1]

Kormorante is swart of swart-en-wit watervoëls wat langs die kus of by binnelandse waters aangetref word. Kenmerkend vir die voëls is dat die bosnawel in 'n haakvormige punt eindig en dat al vier tone van elke poot geweb is. Daar is sowat 30 spesies wat min van mekaar verskil en baie wydverspreid voorkom. In Suider-Afrika word vyf spesies langs die kus en in die binneland aangetref. Al die kormorante is baie goeie swemmers en duikers wat hoofsaaklik vis, kreefagtige diertjies en paddas vreet.

Hulle broei in groot kolonies en is van ekonomiese belang omdat hulle 'n bydrae tot die ghwanobedryf lewer. Die voëls staan ook dikwels as duikers bekend, maar die naam kormoraan word gebruik om hulle te onderskei van egte duikers van die familie Podicepedidae.

  1. (en) Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). Geraadpleeg 4-11-2010

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search